Die 20ste eeu is n baie interessante tydperk vir tegnologie. Ons het al groot stappe gesien in velde soos fiber internet konneksies (Carfone) en stem-geaktiveerde elektriese toestelle soos Alexa. Ons is baie gelukkig om in ‘n tydperk te leef waar die wêreld letterlik in ons hande is.
In 2008, toe slimfone aan ons voorgestel was, het die media van slagspreuk woorde soos: “Die wêreld in u hande” gebruik gemaak om te illustreer presies hoe maklik dit was om enige informasie in die hande te kry. Informasie regoor die wêreld was nou beskikbaar aan almal, enige tyd, enige plek. Ongelukkig met enige nuwe tegnologie is daar altyd ‘n positief en ‘n negatiewe kant. Oor die jare was daar ‘n toeneem aan bedrog en identiteits diefstal. Gelukkig spandeer groot maatskappye soos Google, Facebook en Amazon miljarde elke jaar om ons informasie te beskerm.

Konnektiwiteit voordele vir tuis en besigheid gebruikers
Groot en klein besighede baat die meeste wanneer dit kom by konnektiwiteit. Om jou katalogus op ‘n webwerf te hê of deur aanlyn sosiale media beïnvloeders te bevorder, trek baie openbare oë na u produk toe, wat dan na inkomste verander deur produk en diens verkope. Aanlynbemarking het oor die afgelope dekade baie gewild geword, omdat meer en meer potensiële kliënte wêreldwyd toegang tot internet dienste het. Die voordele stop nie net daar nie, vergaderings via Skype of Zoom tussen maatskappy takke, maak dit dinge baie makliker om by te hou met maatskappy sake. Met die pandemie regoor die wêreld, het aanlyn video-onderhoude ook in gewildheid toegeneem, aangesien dit die proses vir beide werkgewer en werknemer baie gerieflik maak.


Ek het nou die dag so bietjie deur my foon se “Play store app” gegaan en tot my verrassing, het ek op baie plaaslike dienste afgekom wat in my omgewing verskaf word. Soos byvoorbeeld aflewerings en vervoerdienste slegs ‘n paar kliks weg.
Makliker en geriefliker kan mens nie sommer kry nie. Nog ‘n groot voordeel is om ‘n onbeperkte internet konneksie te kry. Dit sal u instaat stel om eindelose stem of video-oproepe met vriende en familie te maak, deur middel van sagteware soos Whatsapp.
Gisteraand terwyl ek Netflix gekyk het, kom die vraag skielik in my gedagtes op: “Hoeveel tuis-aktiwiteite sou ek verloor as ek nie ‘n internet konneksie gehad het nie?” Ek begin toe tel – aanlyn inligting of nuus, Youtube, Facebook, Netflix, aanlyn speletjies, ure se video-oproepe met familie en vriende – dit het my laat besef hoe afhanklik ek aan internet konnektiwiteit geword het. Wanneer jy ‘n oomblik het, nadat jy hierdie artikel gelees het, maak ‘n bietjie koffie of tee en kyk rond om u huis, hoe afhanklik het u van konnektiwiteit geword?
