Gaan fiber en 5G hand aan hand vir tuis en sake gebruikers?

Gaan fiber en 5G hand aan hand vir tuis en sake gebruikers?

Die woorde ‘verbonde wees’ het  ʼn heel ander betekenis in die 21ste eeu. Meeste mense besit deesdae een of ander tipe mobiele toestel, wat hulle die vermoë gee om altyd met geliefdes,vriende of kliënte in kontak te wees, enige plek in die wereld. Wanneer ek by die huis inloop, verbind al my slimtoestelle via Wi-Fi,  aan my fiber router. Die proses is so vinnig dat ek nooit die oorskakeling van 4G/5G na Wi-Fi agterkom ni.  Dit is waar ek begin dink het oor hierdie twee verskillende tegnologieë, wat hand aan hand gaan om ons persoonlike en sakelewe te verbeter.

Kort opsomming van 5G in Suid Afrika 

Vodacom, een van Suid Afrika se grootste sellulêre netwerke, het sy 5G diens verlede jaar in Mei 2020 aan van die land se groot stede bekend gestel. Ongelukkig het die uitrol nie so vlot verloop soos beplan nie, met bekommerde inligting rondom 5G se diens.  Een van die grootste bekommernisse was gesondheids gevare – 5G maak gebruik van radiogolwe wat in die lae-band frekwensie tussen 2,3 GHz en 3,5 GHz in Suid-Afrika werk. Die publiek het soortgelyke bekommernisse gehad toe 3G / 4G vrygestel is. Ek self gebruik 3G / 4G al vandat dit aan die publiek beskikbaar gestel is en het,  tot dusver,  nog geen ekstra ledemate  aangegroei ni.  Dit is hoogs onwaarskynlik dat dit enigsins gesondheids risiko’s inhou.

Fiber en 5G – Vergelyking

Die kern waarop beide tegnologieë gebaseer is, verskil heeltemal. Fiber gebruik ligseine via ‘n kabel, terwyl 5G radiogolwe gebruik.

5G seine is beperk, want dit benodig seintorings om die radiogolfsein uit te saai. Fiber kan egter per kabel beweeg sonder sein verlies tot en met 70 km.

Fiber / Wi-Fi-verbindings is baie meer stabiel in ‘n gebou in vergelyking met sellulêre seine.

Vanuit ‘n huis of besigheids perspektief het albei tegnologieë voor- en nadele.  As voorbeeld – Alhoewel die fiber router  vinnig en stabiel is, gee dit net sein in en om die huis /sake-gebou.  Sodra u buite hierdie verbindingsreeks beweeg,  neem die mobiele diens 4G / 5G oor.  Net soos ‘n grondboontjiebotter- en jellietoebroodjie, gaan beide tegnologieë hand aan hand om die gebruiker die beste moontlike aanlyn ervaring te gee, waar u ook al is.

Carfone, ‘n ISP,  gebaseer in Kroonstad (Suid-Afrika), bied vinnige / betroubare fiber internet vir tuis en sake gebruikers.  Ek was nog altyd ‘n groot ondersteuner van fiber en het dit onmiddelik laat installeer die oomblik toe dit in die omgewing beskikbaar gestel was en kon nie meer gelukkiger wees nie.

Leave a Reply