IOT – Internet van dinge (Internet of Things)

Wat is IoT? Hoe is dit nuttig in ons daaglikse lewens?

Elke keer as ek toevallig op IoT-onderwerpe op die internet afkom, dink ek terug na my tienerjare, toe my gunsteling televisiereeks: ‘Knight Rider’ die pratende voertuig, aan was. Ek het elke dag vir my ouers gesê hoe ‘cool’ dit sou wees as daardie tegnologie eendag beskikbaar word. Wel, daardie eendag is nou. ‘Knight Rider’ is ‘n goeie voorbeeld van IOT – waar ‘n voorwerp / toestel die vermoë gegee word om met mense en ander toestelle te kommunikeer in die vorm van sensors of stemopdragte, in reële tyd.

Vandag strek IOT veel verder as ‘n pratende voertuig van die 90’s. Ons het slimfone, slimhuise, slimhorlosies, rookverklikkers, selfs slim stede word nou al gebou… Die lys gaan aan en aan. Ons is omring met draadlose netwerke met miljoene toestelle wat via die internet kommunikeer.

Die eerste keer toe ek begin begryp het presies hoe groot die massiewe, onsigbare netwerk rondom ons is, was dit nogals oorweldigend, maar IOT help om ons lewens gesonder, veiliger en meer doeltreffend te maak.

Vir dit alles om foutloos te funksioneer, is ‘n goeie internet diensverskaffer nodig. Carfone verskaf vinnige en betroubare fiber internet aan al hul kliënte. Routers is waarskynlik een van die mees noodsaaklike toestelle vir enige tuis- of besigheids netwerk omgewings. Jou router hou die hele netwerk aanmekaar, aangesien dit al jou slimtoestelle aan die internet koppel.

Met al IOT se voordele, is die tegnologie nog baie nuut in die mark. Die grootste bekommernis was dat hierdie toestelle persoonlike data van die gebruiker insamel en dit met die vervaardiger en ander maatskappye deel. Dit genoem, al hierdie nuwe tegnologieë gaan deur geweldige stres- en sekuriteitstoetse om seker te maak die verbruiker kry ‘n veilige en moeitevrye eindproduk.

Ek is baie opgewonde om te sien waarheen dit alles op pad is.
Wat is volgende? ‘n draadlose broodrooster?
O wag, dit bestaan ​​reeds…

Leave a Reply